 |
Ons agtergrond is gefundeer in die skeepshouer industrie. “Refrigerated Container Services” het aanvanklik begin as ‘n maatskappy in 1996 om ‘n diens te lewer aan die plaaslike Suid Afrikaanse mark deur verkoelingsskeepshouers te diens, instand te hou en te herstel.
Ons het daarna ons oorspronklike hersteldiensbesigheid (Reefer Services) uitgebrei na ander aspekte van die verkoelingsskeepshouerbedryf nl. die verhuring en verkoop van verkoelingsskeepshouers aan die plaaslike mark. Ons kliënte basis sluit ‘n breë spektrum van ons samelewing in nl. Boere, Algemene handelaars, Vervaardigings maatskappye, Myn-, Vis-, Voedsel-, Skeeps-, Ys- en Vermaaklikheidsbedryf soos byvoorbeeld film maatskappye en baie meer.
Ons uitbreiding na die Verhuringsmark behels hoë kwaliteit verkoelingsskeepshouers wat gereeld gediens word deur die loop van die huurkontrak periode. Hierdie verkoelings eenhede kan in enige denkbare verkoelings of bevriesings behoefte gebruik word.
Ons lewer ‘n professionele Herstel en Onderdele diens wat gefokus is om aan ons kliënte se behoeftes te voorsien. Ons ondersteuningsdiens is uitstekend met herstelwerk wat op ons kliënte se perseel gedoen word. Ons bekom namens ons kliënte uitgediende onderdele wat normaalweg moeilik bekombaar is, terwyl ons self ‘n wye reeks van onderdele van verskeie vervaardigers in voorraad hou en toegang tot ‘n netwerk van onderdele agente het.
Ons bied soms te koop aan goeie opgeknapte tweedehandse verkoelingshouers. Kontak ons gerus om u behoeftes te bespreek en om te hoor wat ons tans in voorraad beskikbaar het.
Sou u spesifieke inligting of advies nodig het, kontak ons gerus direk of vul ons Kontak Bladsyin en ons sal na u treugkom so spoedig moontlik. U mag dalk u nodige inligting bekom deur ons Vrae & Antwoord Blad te gaan.
Ons is besig om ‘n Tegniese Blad op te stel waar ons Bedradingsdiagramme, Noodherstel skrywes en prosedures van die mees algemene verkoelings skeepshouers, sal insluit. Onderdele diens wat gefokus is om aan ons kliënte se behoeftes te voorsien. Ons ondersteuningsdiens is uitstekend met herstelwerk wat op ons kliënte se perseel gedoen word. Ons bekom namens ons kliënte uitgediende onderdele wat normaalweg moeilik bekombaar is, terwyl ons self ‘n wye reeks
|
 |