|
“Refrigerated Container Services” spesialiseer in die verkoop, herstel en verhuring van verkoelings skeepshouers.
Ons bied ‘n professionele, dog persoonlike diens, gefokus om ons kliënt se spesifieke behoeftes te bevredig. Ons ondersteunings diens is uitstekend met ons oogmerk om herstelwerk op u perseel binne 24 uur te doen.
Ons kliënte basis sluit ‘n breë spektrum van ons samelewing in nl. Boere, Algemene handelaars, Vervaardigings maatskappye, Myn-, Vis-, Voedsel-, Skeeps-, Ys- en Vermaaklikheidsbedryf soos byvoorbeeld film maatskappye en baie meer.
Met ons bewese ervaring is ons in staat om enige van u spesifieke behoeftes, ten opsigte van u koelkamer behoeftes, aan te spreek.
|