Hoofblad
Wie is Ons
Verhuring
Herstel & Onderdele
Verkope
Vrae & Antwoorde
Tegnies
Kontak Ons
 
Verhuring

Elke huurkontrak verskil van die ander. Ons skeepshouers is van ‘n hoë gehalte.

Die huur van skeepshouers het ‘n aantreklike oplossing geword vir menige besigheid as gevolg van die hoë koste van standaard koelkamers. ‘n Soortgelyke grootte koelkamer wat soortgelyke aanwending bied, se koste is ongeveer dubbel die van die tweedehandse verkoelingsskeepshouer. Gedurende die duur van die kontrak sal ons die houer in stand hou.

Instandhoudingskoste op meeste verkoelingsstelsels is baie hoog. Deurdat ons eie personeel goed opgelei en gekwalifiseerd is, kan ons die houers nie net slegs aan u verhuur nie, maar dit ook self onderhou en in ‘n goeie werkende toestand handhaaf op ons eie koste. Al die eenhede het voedselgraderings vleklose staal panele aan die binne sye en plafonne met aluminium “T”staaf vloere. Hierdie aspekte dra by tot die makliker instandhouding van ‘n higiëniese koelkamer wat belangrik is wanneer met voedsel gewerk word.

Huidiglik is al ons verhuringseenhede Carrier “Analogue” of  “Digital Micro Link 2” eenhede wat gemoedsrus waarborg wanneer dit kom by betroubare en presiese handhawing van uiterste temperatuurbeheer. Ons maak voorsiening vir lantermynkontrakte (Langer as ‘n Jaar), Korttermynkontrakte vir spesiale geleenthede en seisoenale kontrakte om voorsiening te maak vir byvoorbeeld oestye.

© copyright 2005 | Dazzle Design| all rights reserved