 |
V: Wie kan verkoelingsskeepshouers gebruik?
A: Boere, Algemene handelaars, Vervaardigings maatskappye, Myn-, Vis-, Voedsel-, Skeeps-, Ys- en Vermaaklikheidsbedryf soos byvoorbeeld film maatskappye en baie meer. Die lys is eindeloos. As u ‘n behoefte het vir verkoeling, kan ons u help met ‘n verkoelingsskeepshouer.
V: Hoe gaan ek te werk om ‘n houer te huur?
A: Kontak ons vir ‘n kwotasie en ‘n afskrif van ons kontrak en ons sal u stap vir stap deur die proses neem.
V: Kan ek die houer by ‘n standaard 15A 220v elektriese kragpunt koppel?
A: Nee. U het ‘n toegewyde 440/380V, 3 fase krag toevoer met 32A nodig. ‘n Gesertifiseerde elektrisiën is nodig om u aan u kragbron te koppel. U sal 3 fase en grond toevoer benodig. Neutraal is nie nodig nie.
V: Kan ek ‘n kragopwekker gebruik om die koelhouer van krag te voorsien?
A: Ja. Solank die kragopwekker die nodige krag kan opwek wat die eenheid benodig. U het ‘n toegewyde 440/380V, 3 fase krag toevoer met 32A nodig. Ons eenhede sal ongeveer 15 tot 20 Ampere aaneenlopend trek.
V: Hoeveel sal dit my op ‘n daaglikse basis kos in elektrisiteit, om die eenheid te gebruik?
A: Dit sal baie afhang van verskillende omstandighede soos byvoorbeeld, hoe lank die kompressor moet werk, die gemiddelde krag wat die eenheid trek, u eenheidskoste, ens. Ervaring het ons al gewys dat dit ongeveer tussen R12 en R15 per dag kos. (2005 Tariewe).
V: Kan ek ‘n Verkoelingshouer gebruik om nie-bevrore produkte te vries?
A: Nee. Hierdie eenhede is nie ‘n “Blastfreezer” nie. Hulle is ontwerp om bevrore of verkoelde produkte se temperature te handhaaf. Die eenhede kan wel temperature bietjie afbring, maar hulle is nie ontwerp om temperature op groot skaal af te trek nie.
V: Hoe akkuraat is die temperatuur beheer?
A: 0,1°C tot 0,5°C is die toelaatbare speling in ons eenhede as ‘n afwyking van die gestelde temperatuur. M.a.w. die eenheid sal u kritieke produk binne 0,1 en 0,5°C van u verlangde temperatuur handhaaf.
V: Hoe kan ek die Verkoelingshouer tot op my perseel kry?
A: Ons maak gebruik van ‘n toegeruste kraantrok om die houer te vervoer na u perseel en om dit dan daar te posisioneer.
V: Wat is die grootte en kapasitiet van ‘n houer?
A: ‘n Standaard 20’ houer se afmetings is:
Buitemates: 6040(L) x 2430(B) x 2580(H)
Binnemates: 5425(L) x 2275(B) x 2260(H)
Kapasiteit is: 27 Kubieke meter en met ‘n Netto vrag kapasitiet van 22Ton
Tarra: 3289Kg
Afhangende van die produk, kan meeste verbruikers ongeveer 10 ton produk in die houer stoor of die ekwavalent van 10 palette (1 Afgebreek).
V: Wat as daar fout gaan met die eenheid terwyl ek dit huur?
A: Skakel ons by die nommer soos aangedui op die sy van die houer, en ons sal die res doen. Diep bevrore produkte sal hul temperature redelik handhaaf vir ‘n paar dae solank die deure toegehou word. Verkoelde produkte sal met toe deure temperature slegs vir etlike ure redelik handhaaf.
V: Kan die houers maklik skoon gemaak word en kan hulle gebruik word vir die voorbereiding van voedsel produkte?
A: In albei gevalle, ja. Al ons eenhede word van hoë gehalte vlekvrye staal gemaak en is maklik om skoon te hou. Dit maak hulle ook aantreklik vir die berging van voedsel produkte.
V: Wat moet ek op ‘n daaglikse / weeklikse / maandelikse basis doen?
A:
a) Daagliks: Maak seker u eenheid werk op temperature soos gestel. Ons stel voor dat iemand die digitale temperatuur moet nagaan ins die oggend en in die aand. Dit is raadsaam om ‘n rekord te hou van die lesings.
b) Weekliks: Laat die persoon wat die temperature nagaan, die kondensor was. Ons sal u wys hoe dit gedoen moet word. Dit sal probleme uitskakel veral in baie warm omgewings.
c) Maandeliks: Betaal asseblief u rekening.
|
 |