 |
Die herstel van houers is die ruggraat van ons ondernemin g en dit is juis hierdie ervaring en
vermoë wat ons onderskei van ander in die mark.
Ons spesialiseer in die herstel en die opsporing van onderdele vir hierdie houers waarvan menige alreeds uit die skeepsbedryf vir baie jare uitgefaseer is. Ons poog om ons besigheid so te bedryf dat ons vir die huidige eienaars van tweedehandse houers ‘n diens lewer om hul in staat te stel om hul houers in ‘n goeie oorspronklike werkende toestand te handhaaf.
Hierdie houers is ‘n ingewikkelde kombinasie van elektriese, elektroniese en verkoelings komponente wat menige spesialis elektrisiën of verkoelingstegnikus kan laat kop krap. Ons het bewese ervaring in hierdie bedryf, so praat met ons voordat u enige iemand op u houer laat werk. Ons dra ook ‘n wye reeks van tweedehandse onderdele wat in ‘n uitstekende toestand is teen billike pryse.

|
 |